U word hartlik genooi om op 12 Maart 2022 saam met die Fabriekfamilie te kom piekniek en kuier op grasgroen gras en lieflike koeltebome langs 'n rivier tussen die koppies by Nkwe Plesieroord in Tierkloof. Ingangsfooi R80 per persoon en kinders onder 3 jaar R30 betaalbaar by toegangshek. U is verantwoordelik vir eie kampstoel/piekniekkombers, tafel, drinkgoed en etes. Daar is braaifasiliteite indien u wil braai, u is egter verantwoordelik vir eie hout en aansteker. Daar is 'n snoepwinkel op die terrein. Daar is 'n swempoel asook klimrame vir die kleingoed. Besoek gerus Nkwe se webbladsy vir meer inligting :
Vir verdere navrae kontak asb. vir Tossie 0828566313